Friday, 6 April 2012
Thursday, 5 April 2012
Baie Geluk
Baie geluk aan ons skool se eerste rugbyspan wat Grey kollege in 'n spannende wedstryd wen. Ons as skool is baie trots op julle.
Tuesday, 3 April 2012
Monday, 2 April 2012
Wedstrydbepalings Dag 2
Die wedstrydbepalings vir Dinsdag 3 April is as volg:
Laerskool Rooihuiskraal 0/11 teen Laerskool Kenmare 11:30.
Laerskool Rooihuiskraal 0/13A teen Laerskool Eversdal 13:15
Laerskool Rooihuiskraal 0/13B teen Laerskool Stephanus Roos 14:45
Laerskool Rooihuiskraal 0/11 teen Laerskool Kenmare 11:30.
Laerskool Rooihuiskraal 0/13A teen Laerskool Eversdal 13:15
Laerskool Rooihuiskraal 0/13B teen Laerskool Stephanus Roos 14:45
Uitslag Wedstryd 1 Dag 1
Baie geluk aan ons Eerste span wat in 'n skitterende wedstryd teen Laerskool Kroonheuvel met 38 - 7 wen. Beslis die wedstryd van die oggend. Janco, Duan, Prins en Quintin het elkeen 'n drie gedruk. Fouche druk 2 drieë. Estiaan vervyf 3 doelskoppe en Fouche 1. Baie geluk julle!!!
Sunday, 1 April 2012
Maandag 2 April se wedstrydbepalings
Laerskool Rooihuiskraal se Eerste span teen Laerskool Kroonheuwel: 10:45 - Hoofveld.
Laerskool Rooihuskraal se Tweede span teen Laerskool Vastrap: 09:15 - Oval.
Laerskool Rooihuiskraal 0/11A span teen Laerskool Rustenburg: 13:00 - Oval.
Laerskool Rooihuskraal se Tweede span teen Laerskool Vastrap: 09:15 - Oval.
Laerskool Rooihuiskraal 0/11A span teen Laerskool Rustenburg: 13:00 - Oval.
Saturday, 31 March 2012
Wednesday, 28 March 2012
Toyota McCarthy Truie Oorhandigings seremonie
Baie dankie aan Toyota McCarthy Centurion (Sias van den Berg en Vaughn Pretoruis) en Venditor Minolta (Hennie Prinsloo) vir die borg van die skool se Rugby eerste span truie. Ons as skool is trots om met julle geassosieer te word. Baie dankie ook aan Jaco Pretoruis, die Blou Bul senter wat gehelp het om die truie te oorhandig.
Reëlings vir die Toer
Hier volg die finale reëlings:
DATUMS: Ons vertrek op Sondag 1
April om 7:00 vanaf die skool en keer terug op Donderdag 5 April om ongeveer
16:00. (Die tyd sal nog bevestig word.)
KOSTE: Die koste beloop R1750
per leerder. Die leerders kan sakgeld saamneem. Alle gelde moet inbetaal word voor of op
Vrydag, 16 Maart 2012 by die afrigter/ per internet. Gebruik die kind se naam, van, ouderdomsgroep
en rugbytoer as verwysing. Indien daar enige probleme is t.o.v. finansies,
skakel gerus u afrigter.
ABSA Bank, Wierdapark
Rekening no.3260 164 847
Takkode 632005:
BENODIGHEDE:
• Nie meer nodig vir ʼn Slaapsak en kussing
nie
• 2
Handdoeke
• Swembroek en Toiletware
• Bybel en Flits
• Denim / 2 Hemde / Warm klere / Reënjas /
Pet
• Tekkies en Plakkies
• 3 T/Hemde en 3 Kortbroeke
• Onderklere en Kouse
• ‘n Slot vir veiligheid van klere
• 3 Stelle oefen klere en 2 swart broeke
• NB!
Sonbrandroom
• NB!
Muskietweermiddel
BAIE BELANGRIK! Klere moet
duidelik gemerk wees!
Indien u kind enige medikasie (bv. antihistamien, pille vir bysteek,
asma, hooikoors, ens.) gebruik, moet dit saamgestuur word.
Ons beveel aan dat alle duur artikels by die huis gelos word, soos bv.
duur horlosies, kameras, messe, ens.
Indien dit wel saamgeneem word, sal dit op eie risiko wees.
Geen radio’s, bandspelers, mp3-spelers, of
selfone word ook toegelaat nie.
Ons handhaaf die reëling van geen nuus is goeie nuus. Indien daar enige
probleme sou wees, sal u telefonies in kennis gestel word.
Subscribe to:
Posts (Atom)